Polisie waarsku teen die dra van kontant hierdie feestyd

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het mense gewaarsku om dit te vermy om groot bedrae kontant aan hul persoon te hou hierdie komende feestyd. Die woordvoerder van die provinsiale polisie, Kolonel Donald Mdhluli, verwys na ‘n voorval verlede jaar toe ‘n verpleegster, Jabulile Mdhluli, in Masoyi buite Witrivier doodgeskiet is toe rowers toegeslaan het waar ‘n stokwel bymekaar gekom het om hul geld te verdeel. Mdhluli sê dit is veel veiliger om elektroniese transaksies te maak.
1 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min