Drie wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn vandag in Nelspruit-hof

Loading player...
Drie mense en hul maatskappy verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof na hul arrestasie op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Sibusiso Madonsela, Thembisile Madonsela en Sibusiso Lekhuleni namens “Shop Mor” vervalste belastingopgawes in die bedrag van 780-duisend-Rand by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien. Hulle is Maandag aangekeer en het gister vir borgtog aansoek gedoen. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word hulle ook aangekla van oortreding van die Wet op Belastingadministrasie en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
1 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min