Man gevonnis vir bedrog met gekloonde bankkaarte

Loading player...
# 'n Man is in Low's Creek tot 3-duisend-Rand of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog. Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens 'n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, se hy het 'n vragmotor van Eswatini bestuur en sy tolgeld met 'n gekloonde bankkaart betaal. Hy was ook in besit van nog gekloonde kaarte en transaksiestrokies vir meer as 72-duisend-Rand.
30 Oct 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min