N2 botsing eis vyf lewens

Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het sy pleidooi herhaal vir motoriste om die padreels te gehoorsaam. Dit volg op 'n gru-ongeluk tussen 'n vragmotor en ligte afleweringsvoertuig Saterdagmiddag op die N2 in Mkhondo. Vyf mense is dood in die tromp-op-botsing. Die bestuurder van die bakkie en vier passasiers is dood. Die vragmotorbestuurder is ernstig beseer. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi:
30 Oct 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min