Premier besoek Sibusisiwe Sekondêr voor matriekeksamen

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die Sibusisiwe Sekondêre Skool in Matsulu as blyk van ondersteuning. Dit is in aanloop tot die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat Maandag begin. Altesaam 68-duisend-681 voltydse kandidate het geregistreer om vanjaar die matriek-eindeksamen in die provinsie af te lê. Die woordvoerder van die premier se kantoor, George Mthethwa:
26 Oct 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min