Twee gearresteer vir moord op onderwyseres

Loading player...
Twee mans het gister in die Kwamhlanga-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof na hulle glo ‘n reeks huisrowe uitgevoer het. ‘n Onderwyseres is verlede Maandagaand in Phola Park vermoor en twee ander mense is beroof. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het Rose Mahlangu mense betrap wat besig was om haar huis te plunder. Sy is in haar motor gedwing en haar lewelose liggaam is die volgende oggend gevind. Solly Ndala en Vusi Ngozo kan op 30 Oktober aansoek doen vir borg. ‘n Derde verdagte word gesoek.
24 Oct 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min