Mannejag geloods na gewapende verdagtes onderwyseres in Mpumalanga vermoor

Loading player...
Die polisie soek drie gewapende verdagtes wat Maandagaand in Phola Park, Kwamhlanga, drie mense beroof het. 'n 58-jarige onderwyseres, Rose Mahlangu, is vermoor na sy afgekom het op verdagtes wat besig was om haar huis te plunder. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle haar in haar motor gedwing en met haar weggery. Haar lewelose liggaam is die volgende oggend met 'n skietwond langs die pad gevind. Nog ‘n onderwyseres is die aand in die been geskiet en gedwing om kontant van haar bankrekening oor te plaas. 'n 34-jarige man is van kontant beroof, maar ongedeerd gelaat.
19 Oct 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min