Lily Myn: Krediteure moet stem oor sakereddingsplan

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga het die Konstitusionele Hof se weiering verwelkom om Vantage Goldfields toestemming te gee om te appelleer teen ‘n beslissing waarvolgens krediteure van Lily Myn oor die sakereddingsplan moet stem. Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, hoop dit sal toelaat dat bedrywighede by die myn in Low’s Creek hervat word. Sy beskryf dit as ‘n oorwinning vir die families van die drie mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorings in Februarie 2016 ondergrond vasgekeer is.
18 Oct 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min