Onderwysdepartement bid vir Mpumalanga matrikulante

Loading player...
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga het vanoggend 'n gebedsuur gehou voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies ingesluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen in die provinsie aflê.
17 Oct 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min