Vermeende swendelaar in Nelspruit aangekla na hy glo vriendin se pensioengeld steel

Loading player...
'n Man het in die hof in Nelspruit verskyn op aanklag van diefstal onder valse voorwendsels, nadat hy glo sy vriendin se pensioengeld gesteel het. Volgens die polisie in Mpumalanga het Christopher Masereka, wat ook bekend is as Moses Mawaza, sy 46-jarige vriendin oortuig om haar pos as onderwyser te bedank en haar pensioengeld in sy logistieke besigheid te belê, maar hy het toe verdwyn. Hy is Sondag aangekeer.
10 Oct 2023 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min