Polisiebeampte steek glo vrou in Barberton dood

Loading player...
'n 34-jarige polisiekonstabel verbonde aan Openbare Orde Polisiëring in Hazyview, verskyn na verwagting vandag in die hof, na hy glo sy vrou met ‘n bierbottel doodgesteek het by ‘n kuierplek in Barberton. Die voorval het in die vroeë oggendure van Dinsdag plaasgevind. ‘n Vrou wat tussenbeide probeer tree het, is ook beseer en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die verdagte is self ook beseer. Hy word aangekla van moord en poging tot moord. Die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die saak.
4 Oct 2023 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min