Lewenslank vir man wat vriendin doodskiet

Loading player...
'n Man wat twee jaar gelede sy vriendin doodgeskiet het, is 'n lewenslange vonnis opgelê in die Hooggeregshof in Middelburg. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het Luthando Lungisa Zozo op 5 Oktoboer 2021 in Standerton vir Akhona Myolwa drie keer geskiet terwyl hulle in 'n motor gesit het. Hy het haar hospitaal toe geneem, maar sy is met haar aankoms dood verklaar. Zozo is borgtog geweier. Hy is in Junie skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade. Hy is Maandag gevonnis.
4 Oct 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min