Hare rys oor voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet

Loading player...
Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet word met teenkanting uit talle oorde begroet. Pieter Nel, 'n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derde party eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word. Hy beskou dis ook as uiters onbillik teenoor enigiemand wat daardeur geraak kan word. Die publiek het tot 8 Oktober om daaroor kommentaar te lewer.
22 Sep 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min