Verdagtes gesoek na roof van paspoort

Loading player...
Die Polisie in Belfast ondersoek 'n roof na twee gewapende verdagtes in 'n voertuig met blou ligte hulself as wetstoepassers voorgedoen het op die N4. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, is die pa en seun Mosambiekse burgers. Hulle is vroeg gisteroggend gestop en met ‘n vuurwapen aangehou. Die seun het teruggeveg en die rower ontwapen. Mohlala sê die seun het sy hand gebyt. Die verdagte het in ruil daarvoor sy oor gebyt. Die verdagtes het van die toneel gevlug.
22 Sep 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min