Twee wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn in Witrivier

Loading player...
Twee mense wat aangekla word van bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie is gister borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan in die Witrivier-landdroshof. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Romini Lucky Shongwe, die enigste direkteur van Velibanti Vuka, Noxolo Mpumelelo Mndawe se beweerde belastingbedrog het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ‘n potensiële verlies van ongeveer 240-duisend-Rand laat ly. Die saak tot 7 Oktober uitgestel.
21 Sep 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min