Drie vasgetrek met spoorlyn wat glo by Barberton gesteel is

Loading player...
Drie verdagtes is  gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby Barberton gesteel. Die vragmotor met sy besending en ander items is vir verdere ondersoek gekonfiskeer. Hulle sal na verwagting môre in die Middelburg-landdroshof verskyn.
20 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min