Action SA sê Mpumalanga gesondheidsdepartement versuim om probleme by Shongwe-hospitaal aan te spreek

Loading player...
Action SA in Mpumalanga beskuldig die provinsiale gesondheidsdepartement dat hy nie sy onderneming om probleme aan te spreek by Shongwe-hospitaal by Malalane, gestand doen nie. Die provinsiale voorsitter van Action SA, Thoko Mashiane, sê die party sal oormôre saam met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie besoek aflê by die hospitaal. Dít na die kommissie reeds aanbevelings gemaak het oor die verwaarlose fasiliteit. Die besoek het ten doel om die departement se vordering te monitor, omdat hy volgens Mashiane verseg om aan die kommissie verslag te doen.
19 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min