DA vra ondersoek na Schoemansdal-stadion

Loading player...
Die DA in Mpumalanga vra ‘n ondersoek na die konstruksie van Schoemansdal-stadion in Nkomazi wat 20 jaar gelede begin het. Volgens Trudie Grove-Morgan van die DA het Fase 1 van die projek, wat behels het om die veld skoon te maak en kleedkamers te bou, 1,3-miljoen-Rand gekos. Die projek is daarna laat vaar. Grove-Morgan voer aan die destydse bestuurder van Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, Thoko Mashiane, moet verduidelik wat geword het van die ander nagenoeg 44-miljoen-Rand wat vir die hele projek bewillig is.
19 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min