68 vermeende onwettige mynwerkers vasgetrek in Sabie

Loading player...
# 68 verdagtes verskyn vandag in die Sabie-landdroshof op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbedrywighede. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, volg dit op ‘n ondersoek wat geloods is na ‘n slagoffer van Lesotho in Augustus ‘n  saak van ontvoering by die Sabie-polisiestasie aangemeld het. Onder die beskuldigdes is agt wat vermoedelik agter die ontvoering was. Die voorlopige ondersoek dui aan dat twee van die verdagtes na bewering betrokke is by mensehandel vanaf Lesotho vir onwettige mynbou in die Sabie-omgewing.
18 Sep 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min