Borgaansoek van vermeende transitorowers in Tonga uitgestel

Loading player...
# Die borgaansoek van sewe mense wat aangekla word in verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is, kon nie gister in die Tonga-landdroshof voortgaan nie, weens beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het. Onder die aangeklaagdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê dit was die tiende dag van hul aansoek. Die saak is uitgestel tot 21, 26 en 27 September. Hulle bly in aanhouding.
14 Sep 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min