Verdagte vas wat buitelandse toeriste onderweg na Krugerwildtuin ontvoer en beroof

Loading player...
‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n Amerikaanse egpaar onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was die 47-jarige man en 39-jarige vrou op die R536-pad in die Calcutta-omgewing toe hulle deur ’n VW Golf met ’n blou lig voorgekeer is. Hulle is met 'n vuurwapen aangehou deur twee gewapende verdagtes en van hul persoonlike items beroof.
Mdhluli sê waardevolle inligting is deur die F-B-I verskaf om die gesteelde items op te spoor.
Die 36-jarige beskuldigde word aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
13 Sep 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min