Witrivier al drie dae sonder water en nou ook sonder elektrisiteit

Loading player...
Groot dele van Witrivier het reeds drie dae nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van beurtkrag in die dorp. Die area is vroeër kwytgestel van beurtkrag te wyte aan 'n ooreenkoms tussen die houtpaneel-vervaardiger Sonae Arauco en die Mbombela-stadsraad. Eskom het egter nou geappèlleer teen 'n onlangse hofbevel wat in Sonae se guns beslis het om die ooreenkoms af te dwing. Die DA-raadslid, Rowan Torr, sê die gebrekkige watervoorsiening skrei ten hemele.
12 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min