Indaba om opvoeding van kinders met gestremdhede te bevorder

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys hou vanaf môre 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela plaaslike munisipaliteit. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, sal teenwoordig wees om vordering met die ondersteuning van leerlinge met gestremdhede te monitor. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die behoefte aan meer ondersteuning vir gesinne van kinders met gestremdhede is boaan die agenda.
11 Sep 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min