Gru-ongeluk op N4 Schoemanskloof eis vragmotorbestuurder se arm

Loading player...
'n Gru-ongeluk op die N4 Schoemanskloof het vanoggend 'n vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het twee vragmotors teen mekaar gebots. Een het omgekeer en die pad versper. Die bestuurder is kritiek beseer. Sy regterarm is tydens die ongeluk geamputeer. Hy is per helikopter na ‘n gespesialiseerde mediese eenheid geneem vir verdere behandeling.
7 Sep 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min