Manne vas wat gekaapte bakkie by polisiestasie parkeer

Loading player...
Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly sit en toe ‘n beampte hul nader het die bestuurder weggehardloop. Die twee passasiers is gearresteer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, het die bestuurder later teruggekom om die bakkie te probeer terugvat en hy is ook in hegtenis geneem.
7 Sep 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min