DA waarsku oor Sabie se water

Loading player...
Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en risiko van waterdraende siektes aangesien hul vars water erg besmet is met E-coli en fekale koliforme bakterieë. Volgens die DA-parlementslid, Sonja Boshoff, is dit onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die sakekamer en ander belanghebbendes gedoen is. Die E-coli-bevindings is by die munisipaliteit aangemeld, maar hulle het nog niks daaraan gedoen nie. Sy sê die DA sal die Menseregtekommissie nader as daar nie binne sewe dae daadwerklik opgetree word nie.
7 Sep 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min