Vrou doodgeskiet by taxi-halte in Mbombela

Loading player...
‘n 36-jarige vrou is vanoggend by die minibustaxi-halte in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisie het die voorval om ongeveeer 20-oor-vyf gebeur. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die vrou was op pad werk toe toe mense in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar in die bolyf geskiet het. Sy is op die toneel dood verklaar.
6 Sep 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min