DA sê Thaba Chweu dring aan om ANC-kaders aan te stel

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu sê die stadsraad probeer steeds mense onregmatig aanstel. Volgens raadslid, Spiridon Couvaras, het die munisipaliteit tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 15 Augustus probeer om die vereiste oor minimum kwalifikasies en ondervinding vir senior bestuurders opsy te skuif. Dit volg na weke se betogings oor aanstellings in Thaba Chweu. Couvaras sê hulle sal ook die hoof van die Departement van Samewerkende Regering nader oor die volgehoue minagting van beleid en DIE wet.
18 Aug 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min