DA sê mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga die swakste

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga is die swakste in die land. Dit is volgens die Bloudruppel-verslag vir 2022/23 wat in Junie vrygestel is. DA-lid Trudie Grové-Morgan sê 15 van die 17 stelsels in die provinsie word as goed tot gemiddeld beskou, maar die water in by 14 dop die kwaliteit-toets. Sy sê dit hou ‘n groot gesondheidsrisiko in en die Departement van Samewerkende Regering moet dringend ingryp.
16 Aug 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min