Valke op soek na man wat departement bedrieg

Loading player...
Die Valke in Mpumalanga is op soek na 'n aangeklaagde wat versuim het om in die hof te verskyn na hy glo die Departement van Arbeid in Piet Retief bedrieg het. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 40-jarige Kwena Mohlala reeds twee keer in die hof verskyn voor hy verdwyn het. Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte te kontak by 082-304-0147.
9 Aug 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min