Wêreld Goudpan-kampioenskappe skop Sondag in Pelgrimsrus af

Loading player...
Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met 'n amptelike openingseremonie. Die kompetisie duur tot 12 Augustus. Deelnemers van 21 lande sal meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie. Sanjay Singh, van die provinsiale departement van Sport en Ontspanning, nooi 'n ieder en elk om dit te ondersteun.
4 Aug 2023 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min