DA soek antwoorde oor R8m wat bedoel is vir vloedskade in Mkhondo

Loading player...
Die DA in Mkhondo-munisipaliteit eis antwoorde van die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Thembi Khumalo, oor ‘n toelaag van 8-miljoen-Rand wat bedoel is om slagoffers van vloede by te staan, maar onspandeer bly. Dit na ‘n provinsiale ramp verklaar is toe huise beskadig is weens swaar reën verlede jaar. DA-raadslid Alex Dlamini voer aan die munisipaliteit het die fondse meer as ‘n maand gelede ontvang, en spandeer dit steeds nie om skade te herstel nie.
24 Jul 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min