Onwettige staking lê dienste in Thaba Chweu lam

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp by die onwettige staking van munisipale werkers wat reeds vir vier weke dienslewering lamlê. DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng wat versuim om senior posisies te vul. Samwu-lede weier om te werk tot ‘n nuwe stadsbestuurder aangestel is om Nora Maseko te vervang. Sy is in ‘n waarnemende hoedanigheid ontplooi, ondanks haar skorsing by Sekhukhune-distrik weens bewerings van ongeruimdhede met kontrakte en verkryging. Couvaras sê bekwame, onafhanklike administrateurs moet aangestel word om dienslewering te herstel.
21 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min