Polisie soek verdagtes wat twee in Dwarsloop vermoor

Loading player...
Twee mense is gisteraand in Dwarsloop, Bosbokrand, doodgeskiet by 'n drinkplek. Volgens die polisie het 'n 40-jarige man saam met vriende gekuier toe daar op hom losgebrand is. Hy is verskeie kere geskiet. 'n 35-jarige is ook noodlottig getref.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is 'n toevallige verbyganger se Toyota Hilux-bakkie gekaap. Hy is later deur die aanvallers vrygelaat.
14 Jul 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min