Nog vier vragmotors brand in Mpumalanga

Loading player...
Nog vier vragmotors is vanoggend vroeg aan die brand gesteek in Mpumalanga. Dit volg op vyf vragmotors wat kort voor middernag Sondagaand op die N4 by Waterval Boven aan die brand gesteek is. Volgens die polisie het die jongste voorval om ongeveer half 6 vanoggend op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo plaasgevind. Drie vragmotors is erg gebrand. Van een het slegs die kajuit gebrand. Een vroulike passasier wat in ‘n vragmotor aan die slaap was het brandwonde aan haar voete opgedoen. Die polisiewoordvoerder Brigadier Selvy Mohlala:
12 Jul 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min