Departement sê hoekom hy onnies nie betaal

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die rede dat hulle sommige onderwysers by Lamulelani Sekondêr in Bohlabela-distrik nie betaal nie, is omdat hulle nie sonder die departement se medewete aangestel is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, mag skole nie onderwysers sonder toestemming van die departement aanstel nie. Hy sê die dokumentasie om hulle aan te stel bereik die departement soms maande na hulle reeds begin onderwys gee het. Die departement ondersoek wel die saak.
11 Jul 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min