Liggaam van vermiste Piet Skead gevind

Loading player...
'n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is. Skead was 'n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne 'n kilometer radius van sy huis gevind. Daar word vermoed dat hy gegly en by die vleiland, tussen Coltshill en Parkview, se bank afgeval het. Die polisie is tans op die toneel en meer besonderhede sal gedeel word sodra dit bekendbemaak word.
10 Jul 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min