Soektog duur voort na vermiste Witrivier-man

Loading player...
'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Hy het glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, soek meer as 'n honderd mense te voet, per voertuig en met hommeltuie. Die polisie honde-eenheid is gister ook ontplooi. Enigiemand wat inligting het is gevra om 079-883-7806 te kontak.
10 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min