Polisie skiet verdagte by huis in Barberton dood

Loading player...
‘n 51-jarige man is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet.
Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word.
Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die verdagte het op hulle geskiet en hulle het terug geskiet. Die man het aan sy wonde beswyk. Buiten ‘n vuurwapen en ammunisie is ploftoestelle en ontstekers in die huis gevind. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek die voorval.
6 Jul 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min