Paartjie in Mpumalanga sterf na vermoede toe hulle rook inasem

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga waarsku mense om versigtig te wees wanneer hulle steenkoolstowe en gastoestelle gebruik vir verwarming. Dit volg na 'n paartjie van 29- en 26-jaar op 1 Julie in die Vosman-uitbreiding dood aangetref is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermoede bestaan dat hulle rook ingeasem het terwyl hulle geslaap het. In dieselfde area is ‘n man dood en sy vrou gehospitaliseer na hulle moontlik vuurrook ingeasem het.
5 Jul 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min