Innibos waarsku oor webtuiste wat valslik feeskaartjies verkoop

Loading player...
Innibos Kunstefees het voornemende feesgangers daarteen gewaarsku om kaartjies op Viagogo se webblad te koop. Volgens die fees is dit 'n vals profiel en is Computicket die enigste wettige kaartjieverkope platform. Die Laeveldse Kunstefees skop Donderdag in Nelspruit af. Dit word hierdie jaar weer in volle swang aangebied en beloof vermaak vir die hele gesin. Die tema is: "Vars". Die bemarkingsbestuurder van die fees, Sandra Jacobs, sê die hoofverhoogkonserte is baie gewild onder feesgangers.
27 Jun 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min