DA sê amper die helfte van water in Mpumalanga gaan verlore

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd dat amper die helfte van water wat deur munisipaliteite in die provinsie gekoop word, nie verbruikers bereik nie. Trudie Grovè-Morgan sê dit is weens lekkasies en die diefstal van infrastruktuur. Volgens die 2023 “Geen-druppel-versLag” het die lekkasie-indeks in Mpumalanga sedert 2015 van 2,9 verhoog tot 4,8 in 2022. Sy sonder Dipaleseng, Victor Khanye en Thaba Chweu uit waar tussen 71- en 61-persent van water verlore gaan.
19 Jun 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min