DA: Mpumalanga-paaie benodig toegewyde begroting vir herstelwerk

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, om spesifiek te begroot vir herstelwerk van padinfrakstruktuur. Volgens Trudie Grovè-Morgan is daar hierdie finansiële jaar slegs sowat R2,4 miljard vir vervoerinfrastruktuur begroot, terwyl alle provinsiale paaie, volgens die departement self, tussen 2019 en 2022 agteruit gegaan het. Sy sê 58% van konstruksietoerusting is ook in ‘n swak toestand weens gebrekkige instandhouding en herstelwerk.
15 Jun 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min