Ouers aangekla weens verberging van kindjie se dood in KaBokweni

Loading player...
'n Ma en stiefpa wat verlede week in die hof verskyn het vir die beweerde verkragting van hul tienerjarige dogter, word vandag aangekla van die verberging van 'n dood, na die oorskot van 'n eenjarige kind in hul erf in Pienaar opgegrawe is. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, verskyn hulle vandag in die Kabokweni-landdroshof. Die 43-jarige man en 35-jarige is Woensdag van die verkragting van die dogter aangekla na hulle Dinsdag aangekeer is. Die kind en haar vier sibbe is in ‘n plek van veiligheid geplaas.
12 Jun 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min