ActionSA vra dat Thaba Chweu en Msukaligwa onder administrasie geplaas word

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê hy sal vandag aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Nlodvu, skryf om te vra dat Thaba Chweu- en Msukaligwa-munisipaliteite onder administrasie geplaas word. Dit kom na die Ouditeur-Generaal bevind het beide plaaslike owerhede het hul begrotings oorspandeer sonder om hul teikens te behaal. Volgens Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, het Thaba Chweu 104% van sy begroting spandeer om 29% van basiese dienste en infrastruktuur teikens te bereik.
6 Jun 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min