Mpumalanga-polisie arresteer meer as 500 verdagtes in gesamentlike operasies

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het die naweek 528 arrestasies gemaak tydens verhoogde polisie-aktiwiteite in al drie distrikte van die provinsie. Volgens die provinsiale polisie-kommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk. In Marite naby Hazyview is ‘n verdagte aangekeer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Sy sê hulle fokus op probleem-areas.
6 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min