Netbal Wêreldbeker vanmiddag by Mbombela-stadion te sien

Loading player...
Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi in Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi. Die LUR vir sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê dit is die eerste keer dat enige wêreldbeker in die provinsie te sien is. Netbal aanhangers is genooi om vanmiddag tussen 3-uur en 5-uur saam met dié Netbal Wêreldbeker by Mbombela-stadion foto’s te kom neem.
5 Jun 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min