Sekerheidswagte met verbode vuurwapens gevang

Loading player...
Twee manlike sekerheidswagte verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieërde en verbode vuurwapens. Die twee is gister in Wtibank aangekeer na hulle glo teen ‘n hoë spoed verby sigbare polisielede gejaag het in ‘n Etios sonder nommerplate. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle gestop en deursoek. Twee AK-47’s en vier Z-M’s sowel as ammunisie vir ‘n jaggeweer is gevind. Mdhluli sê ‘n totaal van 136 rondes ammunisie is gekonfiskeer.
31 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min