77 Verdagtes die naweek in Mpumalanga aangekeer

Loading player...
'n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”. Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie en oortreding van die Wet op Immigrasie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê meer as 2 385 persone en 815 voertuie is vanaf Vrydag tot Sondag deursoek. Twee onwettige drinkplekke in Ehlanzeni-distrik is ook gesluit.
29 May 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min