DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag

Loading player...
Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings van rassisme by die skool, maar ‘n jaar later het die taakspan wat dit moes ondersoek glo nog geen verslag gelewer nie. Boshoff doen ‘n beroep op die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, om dringend in te gryp.
24 May 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min